Julianne Moore FOTO: Gallo Images / Getty Images

Julianne Moore FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Aktrise Julianne Moore se nuwe haarkleur

Julianne Moore is bekend vir haar vurige rooi hare, maar nou het sy haar hare gekleur – en sy lyk sommer soos ’n nuwe mens! 

Die 53-jarige aktrise moes haar kenmerkende rooi hare verruil vir ’n blonde kapsel vir haar rol in die nuwe fliek Freeheld.

En ons moet sê, haar nuwe haarkleur lyk vars – maar ons mis tog die rooikop. Wat dink jy? Hoe lyk ’n blonde Julianne vir jou? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Haar medester op dié film Ellen Page het dié stelfoto gedeel:

Julianne speel ’n kankerlyer in dié fliek, maar dit is haar rol in Still Alice waarin sy ’n vrou speel wat met Alzheimersiekte gediagnoseer is, wat dalk vir haar ’n Oscar-beeldjie kan sorg.

Julianne is getroud met Bart Freundlich en het twee kinders, Caleb Freundlich (16) en Liv Freundlich (12). Sy het ook onlangs haar eerste kinderboek gepubliseer.

Bron: Daily Mail 

Lees ook

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images