SECV00101EA0
Het jy gehoor?

FOTO: Aktrise Sarah Michelle Gellar se nuwe haarstyl

US Weekly berig dat Sarah Michelle Gellar (37) haar lang blonde lokke vir ’n veel korter bob verruil het. 

Die aktrise, wat bekendheid verwerf het met haar rol in die TV-reeks Buffy the Vampire Slayer, het ná baie jare haar blonde skouerlengte-hare vir ’n veel korter moderne bob geruil.

Dié ma van twee het foto’s van haar nuwe haarstyl op haar Twitter-blad gedeel. Sy het bygeskryf dat dit tyd was vir ’n verandering.

Sarah Michelle is getroud met mede-akteur Freddie Prinze Jr. en hulle het twee kinders, ’n 5-jarige dogter, Charlotte, en ’n twee-jarige seun, Rocky.

Sarah en Freddie

Bron: US Weekly