Het jy gehoor?

FOTO-ALBUM: Kylie Minogue lyk fantasties op 47

Die bekende sangeres Kylie Minogue vier vandag haar 47ste verjaarsdag. Sy is mooier as ooit en met 12 albums én ’n Grammy-toekenning agter haar naam staan sy duidelik terug vir niks.

Kylie se loopbaan het in die 1980’s begin as aktrise in die Australiese sepie Neighbours. Kort daarna het sy haar sangloopbaan afgeskop en die wêreld se harte gewen met haar stem (én agterstewe!), berig Women’s Day.

Sy is nie bang vir interessante uitrustings op die verhoog nie en op die rooi tapyt is sy altyd stylvol en glansryk.

Sy het vanoggend dié babafoto op Instagram gedeel

Blaai deur haar foto-album 

In hierdie foto is Kylie 11 jaar oud
FOTO: Instagram @kylieminogue

’n Fotosessie wat in die 1980's geneem is
FOTO: Instagram @kylieminogue

Dit kan net in die 1980's wees! Kyk net die hare!
FOTO: Instagram @kylieminogue

Kylie lyk beeldskoon in 'n fotosessie vir die tydskrif Sky in 1990
FOTO: Instagram @kylieminogue

Die foto is geneem tydens 'n onderhoud in die 1990's
FOTO: Instagram
@kylieminogue

Verlede jaar tydens haar #KissMeOnce-toer
FOTO: Instagram @kylieminogue

Kylie tydens 'n konsert wat verlede jaar op iTunes uitgesaai is
FOTO: Instagram @kylieminogue

In hierdie foto sing Kylie vir die fotograaf Mario Testina vir sy verjaarsdag ná sy uit 'n koek gespring het
FOTO: Instagram @kylieminogue

Die plakkate van Kylie se #KissMeOnce-toer Instagram/@kylieminogue

Kylie het dié foto vanjaar op Valentynsdag gedeel
FOTO: Instagram @kylieminogue

Kylie, mooier as ooit op 47
FOTO: Instagram @kylieminogue

 Lees ook