FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Allison Williams van Girls-faam trou

Die aktrise Allison Williams wat veral bekend is vir haar rol in die gewilde TV-program Girls is Saterdag getroud, berig Hello!.

Sy het die nuus op Instagram gedeel.

9.19.15 Dress by @oscarprgirl Photo by @christianothstudio

A photo posted by Allison Williams (@aw) on

Allison se man, Ricky van Veen, is die stigter van die gewilde webtuiste CollegeHumor.com. 

Haar pragtige rok is deur Oscar de la Renta ontwerp en ’n bron het aan People vertel dat Tom Hanks die paartjie getrou het. 

Haar Girls-medesterre Lena Dunham, Jemima Kirke en Zosia Mamet was almal daar, asook Tom Hanks se vrou, Rita Wilson, wat Allison se ma in Girls speel. Ander sterre wat die geleentheid bygewoon het, is die sangers Katy Perry en John Mayer en die akteur Seth Meyers.

Die paartjie is al vier jaar saam en het in Februarie 2014 hul verlowing aangekondig. Hier is ’n foto van haar verloofring:

A photo posted by Allison Williams (@aw) on

Volgens People is die troue op Brush Creek Ranch in Saratoga, Wyoming gehou. Daar is ’n spa en gaste kon deur die loop van die naweek perdry, visvang en jag.

Bronne: People en Hello!.

Lees ook