Het jy gehoor?

FOTO: Amanda Strydom 15 jaar ouer

Amanda Strydom speel die rol van Hendrien Botha, 15 jaar ouer as sy. Daarom moes die grimering die praatwerk doen vir dié rol wat sy teenoor Hannes van Wyk (Egoli se Krynauw) speel. Dit is Strydom se eerste rol in 30 jaar.

“Ek’t darem onthou om my grimering af te was voor ek huis toe is. My man, Tony, mag nie weet wat in 2027 op hom wag nie,” het sy geskryf.

Voor ek vergeet vertel die aangrypende verhaal van ‘n ma en seun, maar heel anders as die alledaagse verhale wat deesdae op die verhoog en silwerdoek te sien is, haat hulle mekaar nie.

“Ek het die pragtige en deernisvolle teks van Karen Marx gelees en onmiddellik vir die vervaardigers van die stuk laat weet dat ek hierdie rol baie graag wil vertolk. Ek is al so lankal lus om weer as aktrise ‘n storie te vertel, om ‘n karakter te word, en Voor ek vergeet... is perfek vir my.” vertel Strydom.
“Die een uitdaging van die stuk is dat ek ‘n ma gaan speel, wat ek nie is nie, maar ek verstaan tog die komplekse verhoudings van ma’s en kinders. Ook is my karakter ongeveer 15 jaar ouer as wat ek nou is – so ek gaan ook hier ‘n paar van my vrese in die gesig moet staar. Maar my opwinding is my grootste emosie op die oomblik – ek voel soos ‘n kind wat op Kersoggend wakker word en al die presente onder die boom sien!”

Hannes van Wyk speel die rol van Hendrien se seun, Johan Botha. Die teks is losweg gebaseer op van sy ondervindinge en hy loop al baie lank met die storie in sy kop rond. “Ek wou al lankal weer terug teater toe, en ek wou dit juis doen met hierdie stuk, maar daar moes eers ‘n paar dinge in plek val. Met Amanda se aanvaarding van die rol was dit vir my asof alles nou reg is. Ek speel al so lank net die slegte seun, die slegte man, en mense wat my in die straat kry is altyd verbaas as ek vir hulle glimlag. Dalk kry ek nou die kans om met die nuwe karakter vir mense te wys dat ek nie so sleg is nie,” sê van Wyk.

“Ek is baie benoud, dit sal die eerste keer in meer as 10 jaar wees dat ek op die verhoog stap, en dan doen ek dit nog met ‘n formidabele aktrise soos Amanda Strydom!”

Amanda Strydom en Hannes van Wyk in Voor ek vergeet.

[box:full:red:both]

Sien dit!

Voor ek vergeet debuteer by die Woordfees in Stellenbosch van 2 – 11 Maart 2012.

KKNK – Oudtshoorn Courant Van Reedesaal
31 Maart 15:00, 1 April 17:00, 2 April 20:00, 3 April 14:30 (70 min, R120)

Regisseur: Gert Van Niekerk
Teks: Karen Marx

[/box]

  • Tjaart Herbst

    Ai, hoe bittergraag sou ek dit wou sien! Ek mis sulke Afrikaanse produksies hier in Thailand.

  • ingrid Jones

    dit was ‘n tour de force. hulle gaan die land toer, eers kknk en dan na ander provinsies.