Het jy gehoor?

FOTO: Anders se Lindi Delport kry nuwe haarkleur

Ons het haar leer ken as die blondine van Anders. Maar nou het Lindi Delport, wat saam met haar man, Wynand, in dié countrymusiek-duo sing, haar blonde hare rooi gekleur!

Dié man-en-vrou-kombinasie is besig om vinnig vir hulself naam te maak. Nie net is hul eerste album vir ’n Ghoema benoem nie, hulle is ook verantwoordelik vir van die temamusiek van die Afrikaanse fliek Knysna.

Lindi met haar vurige nuwe haarkleur

Lindi met haar vurige nuwe haarkleur

Wie kan almal rooi hare dra?

Daar is min mense wat nié rooi hare kan dra nie. YouBeauty beveel hierdie skakerings van rooi vir verskillende velkleure aan:

Ligte velkleur

Kies: Ligte, goue en aarbeiblond lyk goed by ‘n ligte velkleur, maar ook helder koper of rooi.

Vermy: Wyn-skakerings en dieprooi. Dit kan jou maklik uitgewas laat lyk.

Medium-velkleur

Kies: Van ‘n koperige blond tot ‘n medium-goudbruin sal by jou vel pas.

Vermy: Donker persrooi (dink eiervrug-skakerings). Dit sal jou geel laat lyk.

Donker velkleur

Kies: Kies ‘n dieper rooi met ‘n bruin skakering. Kies tussen medium-goudbruin tot rooibruin (chestnut).

Vermy: Helder rooi.

Wat dink jy van Lindi se nuwe haarkleur?

 

Lyk Lindi beter as ‘n rooikop?

  • JA
  • NEE

Luister hier na Anders se “Die pad”

Lees nou

 

  • susan

    watter rooi is dit van lindi delport?