Rainey, Andie en Margaret 
FOTO:  Facebook

Rainey, Andie en Margaret FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO: Andie MacDowell se dogter lyk nes haar ma

Die aktrise en gesig van L’Oreal Andie MacDowell word net nie oud nie. Op 56 lyk sy net so goed soos 10 jaar gelede!

En nou volg haar ewe mooi 25-jarige dogter, Rainey Qualley, in haar voetspore. Rainey is ’n sangeres en aktrise wat onder meer by vanjaar se Sundance Filmfees opgetree het. Trotse ma Andie het haar dogter by dié geleentheid ondersteun.

Rainey Qualley FOTO: Instagram  @raineyqualley

Rainey Qualley
FOTO: Instagram @raineyqualley

Andie en Rainey speel ook saam in die fliek Mothers Day. Ma en dogter Susan Sarandon en Eva Amurri Martino speel ook in dié fliek.

Rainey, haar jonger suster, Margaret, en broer, Justin, is gebore uit Andie se huwelik met Paul Qualley. Hulle was van 1986 – 1999 ‘n paartjie. Daarna was Andie met Rhett Hartzog getroud, van 2001 – 2004.

Rainey, Andie en Margaret  FOTO:  Facebook

Rainey, Andie en Margaret
FOTO: Facebook

FOTO: Instagram  @raineyqualley

FOTO: Instagram @raineyqualley

Dink jy Rainey lyk baie soos haar ma?

  • JA
  • NEE