FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Angelina Jolie kry toekenning by koningin

Ons het reeds in Junie berig dat Angelina deur koningin Elizabeth tot eredame verklaar is. Maar Angelina het vandag eers die toekenning vir buitengewone diens aan Brittanje gaan afhaal.

Angelina het gesê sy is trots op die verering. Sy doen baie liefdadigheidswerk en beywer haar vir die beëindiging van seksuele geweld.Sy het tydens die geleentheid gesê:

Ek weet dit gaan ‘n leeftyd neem om ons doelwitte af te handel, en ek wy my lewe daaraan toe

Angelina het stylvol gelyk toe sy die koningin vandag ontmoet het

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Image

Net Britse burgers en burgers van Sstatebondlande mag Britse eretitels gebruik. Daarom kan dié Amerikaanse aktrise haarself nie dame Angelina noem nie. Daar was vroeër vanjaar gerugte dat Angie dalk ’n Namibiese burger gaan word sodat sy die titel voor haar naam kan skryf. Die rede? Sy glo haar liefdadigheidswerk en veldtogte sal meer impak hê as sy ’n “dame” is.

Bron: Hello!,BANG Showbiz, Huffington Post

Lees ook

Angelina Jolie en Brad Pitt wat vroeër vanjaar getrou het FOTO: Gallo Images / Getty Images

Angelina Jolie en Brad Pitt wat vroeër vanjaar getrou het
FOTO: Gallo Images / Getty Images