FOTO Instagram / @

Het jy gehoor?

Bababoep-evolusie – van Demi tot Serena

Dit het alles met die Hollywood-aktrise Demi Moore begin. In 1991 het sy naak op die voorblad van Vanity Fair verskyn, met een arm wat haar borste toehou en die ander een wat onder haar maag rus. Sy was swanger met haar en eksman Bruce Willis se tweede kind, Scout.

Hierdie voorblad word bestempel as een van die beste werke van die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz. Juis omdat dit vroue se weerloosheid en dapperheid verteenwoordig. Dié foto het kritiek en lof ontvang. Vandag word die einste foto deur aktrises en supermodelle oor en oor nageboots. Selfs die swanger tennis-kampioen Serena Williams spog nou met só ’n voorblad.

demi-moore

In 1999 het die supermodel Cindy Crawford op ’n soortgelyke manier op die Amerikaanse tydskrif W se voorblad verskyn.

Cindy-Crawford-W-1999

In 2010 het ’n ander supermodel, Claudia Schiffer, op die voorblad van die Duitse Vogue verskyn.

Claudia Schiffer

In dieselfde jaar het die Australiese Victoria’s Secret-model Miranda Kerr kaal in W verskyn. Maar haar arms het nie haar borste bedek nie en sy het net haar maag vasgehou.

Naked-Pregnant-Miranda-Kerr-poses-W-Magazine-Family-Issue

Oor die jare het verskeie aktrises ook hul babamaag op voorblaaie gewys.

Die aktrise Monica Bellucci vir Vanity Fair (2004).

monicavanityfairjuly2004

Britney Spears vir Harper’s Bazaar (2006).

Pregnant celebrities on the cover

Die popsanger Jessica Simpson vir Elle (2012).

A pregnant Jessica Simpson is pictured on the cover of the April 2012 issue of Elle magazine

Verlede jaar het twee supermodelle van Afrika ’n nuwe twist aan die Demi Moore-foto gegee. Albei was geklee in net ’n oopgeknoopte denimbroek, een arm oor die bors en hare oor die een kant van die gesig.

Die Suid-Afrikaner Candice Swanepoel en Namibiër Behati Prinsloo het albei op sosiale media soortgelyke foto’s gedeel.

My Not so little boy/a>

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

#chooseLOVE/a> A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Serena Williams verskyn nés Demi naak op die voorblad van Vanity Fair se Augustus 2017-uitgawe. Een arm bedek haar borste en die ander is geplant op haar heup. Sy kyk weg van die kamera. Die foto is ook deur bekroonde fotograaf Annie Leibovitz geneem.

  • Elanè

    Ek sou verseker, ongelukkig het ons tente gedra 32 jaar gelede en geen vrou sou durf waag om haar mooi swanger maag af te “show” nie, jy sou gestenig word! Dit is baie mooi fotos vir my – maar slegs vir myself en my man se doeleindes as dit kaal fotos is – maar as ek ‘n jong swanger vrou in vandag se tye moes wees sou ek die mooiste stywe kraamdrag gedra het om my “toestand” met trots te kon “afshow”. Daai tente wat ons moes dra het my gewalg vd eerste oomblik wat ek dit aangehad het.