FOTO: Instagram behatiprinsloo

FOTO: Instagram behatiprinsloo

Het jy gehoor?

FOTO: Behati Prinsloo dra verstandtand om haar nek

Die Namibiese supermodel Behati Prinsloo kan sekerlik met haar indrukwekkende salaristjeks die duurste edelstene bekostig. Tog pronk haar eie verstandtand, en nie ’n diamant of saffier nie, aan ’n kettinkie om haar nek, berig Harper’s Bazaar

Die 26-jarige model het dié foto van haar hangertjie op sosiale media gedeel: “Ek het my verstandtand in goud gedoop,” het sy onderaan geskryf.

“Ek kan nie wag om dit self te doen nie,” was een van haar 2,6 miljoen Instagram-aanhangers se reaksie daarop.

Behati en Adam Levine, die hoofsanger van Maroon 5, is verlede jaar getroud en wil binnekort kinders hê.

Sal jy jou verstandtand om jou nek dra?

  • JA
  • NEE

Bronne: Harper’s Bazaar en E! Online

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!