bill cosby
Het jy gehoor?

FOTO: Bill Cosby se vermeende seksslagoffers sáám op tydskrif se voorblad

Meer as 40 vroue het oor die afgelope paar maande beweer dat die Amerikaanse komediant Bill Cosby hul seksueel aangerand het. Nou verskyn 35 van dié 46 vroue op die voorblad van die invloedryke New York magazine se Julie / Augustus-uitgawe.

Die modelle Janice Dickinson en Beverly Johnson verskyn ook op dié voorblad. Hier sit almal in rye met die datum van die beweerde seksuele daad onderaan geskryf. Die teks op die voorblad lees Cosby: The Women, An Unwelcome Sisterhood.”

bill cosby

E! Online berig hoewel aparte onderhoude met die 35 vroue gevoer is, is daar noemenswaardige ooreenkomste tussen hul stories. Die vermeende mishandeling het dekades gelede plaasgevind het.

Bill is nog nooit aangekla nie, maar het blykbaar volgens hofdokumente erken dat hy dwelms aan vroue met wie hy wou seks hê, gegee het.

Sy prokureur, Monique Pressley, hou vol dat die hoeveelheid mense wat die aantuigings maak, dit nie waar maak nie.

Bron: New York magazine en E! Online

Lees nou