FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Bill en Giuliana Rancic se baba Duke word gedoop

Bill en Giuliana se twee-maande-oue eersteling, Edward Duke, is verlede Sondag (4 November) by die Holy Family Church in Chicago – die tweede oudste Katolieke kerk in die stad – gedoop. Ná ‘n jarelange stryd om swanger te raak het dié TV-paartjie met die hulp van ‘n surrogaatma uiteindelik 2 maande gelede hul baba in hul arms vasgehou. Na bewering is hulle reeds besig om planne te maak vir baba nr. 2, ook met die hulp van ‘n surrogaat.

Giuliana het dié amptelike doopfoto met eonline.com, die TV-netwerk vir wie sy ook as aanbieder werk, gegee.