blake lively
Het jy gehoor?

FOTO: Blake Lively – van blond tot brunet

Is brunet die nuwe blond? Die aktrise Blake Lively het onlangs haar kenmerkende goue lokke vir ’n donkerder kapsel verruil. 

Blake pronk met haar nuwe bronde haarkleur (’n kombinasie van bruin en blond) op haar Instagram-blad

FOTO: Instagram  blakelively

FOTO: Instagram blakelively

“Brondines het meer pret,” het sy by dié foto geskryf. 

Volgens Hello! is Blake se nuwe haarstyl in pas met L’Oréal Paris se nuwe “Go Bronde”-veldtog. Dié Green Lantern-aktrise is een van die skoonheidshuis se ambassadeurs.

Blake en mede-akteur Ryan Reynolds is in 2012 getroud. Hul eersteling, ’n dogtertjie, James, is vroeër vanjaar gebore.

FOTO: Instagram  blakelively

FOTO: Instagram blakelively

Bron: Hello!

Lees ook