FOTO: Instagram @britneyspears

Het jy gehoor?

FOTO: Britney Spears se nuwe haarstyl

Britney Spears het ’n nuwe haarstyl en ’n nuwe tema vir haar liedjies ná sy en David Lucado onlangs uitgemaak het.

Die 32-jarige enkellopende sangeres en ma van 2 seuns het nou ’n stylvolle blonde bob.

Britney se verhouding met David van 17 maande het blykbaar sleg geëindig. Sy het ’n paar weke gelede tydens ’n vertoning aan die gehoor gesê: “Teen dié tyd weet almal al my kêrel het my verneuk. Maar die beste deel van uitmaak is om weer op afsprake te gaan.”

Britney vroeër die week met lang hare FOTO: Instagram  @britneyspears

Britney vroeër in die week met lang hare
FOTO: Instagram @britneyspears

Britney het ook aan Daily Mail vertel dat haar nuwe liedjies gaan oor hoe mans haar in die verlede teleurgestel het.

Sy toer op die oomblik deur Europa om haar nuwe onderklerereeks, The Intimate Collection, bekend te stel.

Britney by modelle wat haar onderklerereeks, The Intimate Collection, dra FOTO: Instagram  @britneyspears

Britney by modelle wat haar onderklerereeks, The Intimate Collection, dra
FOTO: Instagram @britneyspears

Nuwe avonture, nuwe haarstyl!

Wat dink jy van Britney se nuwe haarstyl? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

FOTO: Instagram  @britneyspears

FOTO: Instagram @britneyspears

Lees ook