FOTO: Annie Leibovitz

FOTO: Annie Leibovitz

Het jy gehoor?

FOTO: Caitlyn Jenner vereer met ESPY-toekenning

Caitlyn Jenner is gisteraand met die gesogte Arthur Ashe Courage Award vereer. Die atleet het dié toekenning ontvang omdat sy iets gedoen het wat selfs haar uitmuntende sportprestasie oortref, berig E!Online

Die 65-jarige Olimpiese wenner het in ’n wit Versace-skepping gestraal en is staande toegejuig toe sy by die TV-netwerk ESPN se glansryke ESPY-sporttoekennings op die verhoog verskyn.

A photo posted by Versace (@versace_official) on

“Die [gender]transformasie was moeiliker as wat ek my ooit kon indink. Dit is ook so vir baie ander mense. Daarom verdien transgender mense iets noodsaakliks. Hulle verdien jou respek,” het Caitlyn tydens haar toespraak gesê.

Natuurlik was die Kardashian- en Jenner-kroos daar om haar te ondersteun.

FOTO: Instagram  kendalljenner

FOTO: Instagram kendalljenner

ESPN-vervaardiger Maura Mandt verduidelik waarom Caitlyn die ideale kandidaat vir dié sporttoekenning is: “Hy was een van die grootste atlete van ons tyd … Ek dink Caitlyn se besluit om in die openbaar as ’n transgender vrou te leef, is ’n teken van moed en selfaanvaarding … Ons het die geleentheid om mense op te voed oor dié kwessie en om hopelik ’n paar lewens te red.”

Bron: E!Online

Lees ook