FOTO: Twitter  elinedion

FOTO: Twitter elinedion

Het jy gehoor?

FOTO: Céline Dion se tweeling raak groot

Die bekroonde sangeres Céline Dion het gister Disneyland besoek om haar tweelingseuns se naderende vyfde verjaardag te vier, berig Entertainment Tonight

Die 47-jarige ma van drie het saam met Eddy en Nelson geposeer vir dié skattige foto saam met Mickey Mouse. “Gesinspret,” het sy onderaan geskryf.

Celine se oudste seun, die 14-jarige René-Charles, het vroeër dié week ’n selfie saam met sy ma op sosiale media gedeel. Hulle ondersteun die Montréal Canadiens-yshokkiespan.

Al drie Céline se kinders is uit haar twee dekade lange huwelik met die 74-jarige René Angélil gebore.

Bronne: Entertainment Tonight en Daily Mail 

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER in vir Matriekafskeidrok van die Jaar 2015