Chris Hemsworth
Het jy gehoor?

FOTO: Chris Hemsworth se dramatiese gewigsverlies

Die akteur Chris Hemsworth lyk onherkenbaar ná sy dramatiese gewigsverlies. Volgens Hello! is dié transformasie vir ’n rol in die fliek In the Heart of the Sea wat binnekort uitgereik word. 

Chris het gister dié foto van sy uitgeteerde lyf met sy duisende Instagram-aanhangers gedeel. “Ek het ’n nuwe dieet- en oefenprogram wat Lost At Sea genoem word. Ek sou dit nie aanbeveel nie,” het hy onderaan geskryf.

Om die rol van ’n matroos wat vir 90 dae gestrand is geloofwaardig te vertolk, moes Chris baie gewig verloor. Ter voorbereiding het hy daagliks net 500 kalorieë ingeneem, ’n proses wat hy as “ongerieflik” beskryf het, berig E! Online

Chris en die Spaanse model en aktrise Elsa Pataky is in 2010 getroud. Hulle het drie kinders, India Rose (3) en die 1-jarige tweeling Sasha en Tristan.

Bronne: E! Online en Hello!

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!