FOTO: Instagram 
johnlegend

FOTO: Instagram johnlegend

Het jy gehoor?

FOTO: Chrissy Teigen wys haar babamagie in styl

Die model Chrissy Teigen het verlede maand aangekondig sy en haar man, die sanger John Legend, hul eerste baba verwag. Sy deel graag foto’s van haar groeiende babamagie op Instagram – en sy lyk keer op keer fantasties.

Chrissy gee glad nie om dat haar modellyf besig is om te verander nie. Sy het op Instagram geskryf haar bobene het skielik groter geraak, maar dat dit haar nie in die minste pla nie.

Die glanspaartjie het lank gesukkel om ’n baba te kry en Chrissy het uiteindelik met behulp van in vitro-bevrugting swanger geraak, berig Daily Mail.

Sy het op 12 Oktober haar swangerskap bekend gemaak en sê dit was nie ’n maklike pad nie. Hulle is verheug oor die kleinding wat op pad is.

Bronne: Instagram en Daily Mail

Lees ook