FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: David en Victoria Beckham se seun maak model-debuut

Brooklyn Beckham het sy lyf model gehou op die voorblad van die Britse manstydskrif Man About Town.

Die 15-jarige trek nogal baie op sy pa wat deesdae in baie advertensieveldtogte te sien is – veral H&M se onderklere-advertensies. Die ontwerper Tommy Hilfiger noem David “die onderklere-model van die eeu.” Kyk na van dié advertensies hier!

brooklyn beckham

Dié foto van Brooklyn is deur Alasdair McLellan geneem – wat ook Victoria se Britse Vogue-voorblad en David se Fantastic Man-foto’s geskiet het. Brooklyn het nie net sy aantreklike voorkoms by sy pa geërf nie, maar is ook ’n talentvolle sokkerspeler.

Buiten vir die voorblad, pronk Brooklyn ook op 20 blaaie in die mode-seksie van dié tydskrif.

Dit is nie die eerste Beckham-kind wat model speel nie. Brooklyn se broer Romeo was twee jaar gelede ’n baie oulike model vir Burberry (foto onder).

Romeo (heel links) vir Burberry

Romeo (heel links) vir Burberry

Die Beckham-kroos

Alles in die oë

Brooklyn het die model-kyk by sy pa geleer!

Bron: Hello!