FOTO: Twitter  justdemi

FOTO: Twitter justdemi

Het jy gehoor?

FOTO: Demi Moore en Rumer Willis lyk soos ’n tweeling

Heelwat kinders is hul bekende ouers se ewebeelde, maar die aktrise Demi Moore en haar dogter Rumer Willis, wat onlangs Dancing with the Stars gewen het, lyk soos ’n tweeling, berig E! News

Met hul vietse lywe en lang, swart hare lyk dié ma (52) en dogter (26) op ’n haar na mekaar. Rumer het dié foto op haar Instagram-blad gedeel en geskryf: “Daardie oomblik wanneer jy besef jy is besig om jou ma te word #Tweeling #EkIsNieKwaadNie.”

FOTO: Instagram ruelarue

FOTO: Instagram ruelarue

In reaksie op dié foto het die TV-persoonlikheid Ellen DeGeneres in ware Ellen-styl een van haar eie opgelaai.

FOTO: Twitter  TheEllenShow

FOTO: Twitter TheEllenShow

“Dit is belaglik hoe eenders ons lyk,” het die onderskrif gelees. Hierop het Demi skertsend geantwoord: “Geen wonder Rumor se eerste woorde was ‘Ellen, Ellen DeGeneres’ nie.”

Bron: E! News

Lees nou