FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

FOTO: Drew Barrymore se baba Frankie

Drew Barrymore het ’n nuwe foto van haar baba, Frankie, met die wêreld gedeel. En sy het haar ster-status gebruik om bewustheid vir ’n saak na aan haar hart te skep!

Drew (38) het dié foto op haar Twitter-blad gedeel. Die aktrise, wat in Junie 2012 met Will Kopelman getroud is, het ’n dogter in elke arm op dié foto. Haar oudste, Olive (20 maande) sit op ma se heup terwyl kleinsus Frankie, wat in April gebore is, in Drew se arm lê.

Drew gee grimeerwenke!

Drew met baba Frankie (regs) en Olive (20 maande) FOTO: Twitter (@DrewBarrymore)

Drew met baba Frankie (regs) en Olive (20 maande)
FOTO: Twitter (@DrewBarrymore)

“Olive is so lief vir Frankie en sy wil net die hele tyd saam met haar wees, sy wil haar selfs voer,” het Drew onlangs in ’n onderhoud met People gesê. Lees die volle artikel hier.

Drew Barrymore se vreemde tydverdryf …

Op die foto dra die aktrise ’n T-hemp met die woorde “Mother of Dragons“. Dis volgens Daily Mail ’n verwysing na die fantasie-reeks Game of Thrones se Daenerys Targaryen, wat troeteldrake het.

Drew gee raad aan bruide

In haar twiet het Drew haar volgelinge aangeraai om dié T-hemp te gaan koop, aangesien opbrengste uit die verkope gebruik word om die plasing van aanneemkinders in Los Angeles moontlik te maak.

Drew is binnekort saam met Adam Sandler te sien in die fliek Blended, wat hulle verlede jaar in Sun City geskiet het. Die Suid-Afrikaanse aktrise Josette Eales speel ook in dié fliek.

Bronne: People & Daily Mail