Kurt en Dunay vroeër vanjaar 
FOTO: Twitter

Kurt en Dunay vroeër vanjaar FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

FOTO: Dunay se babamaag

Só lyk Dunay, Kurt Darren se vrou, se babamaag sover …

Dunay, wat haar swangerskap einde April aangekondig het, is nou al omtrent in die vyfde maand van haar swangerskap met haar en Kurt se eersteling. Die paartjie het aan die begin van die maand bekend gemaak dat hulle ’n klein prinses verwag.

Kurt het gisteraand ’n vertoning in Middelburg gehad, maar voor hy vertrek het, het hy en Dunay eers in die bosveld gaan stap. Sy het dié foto van hul bosveld-pret op Twitter gedeel.

Ons sien saam met Kurt en sy modelvrou uit na die dag wanneer die pienkvoet kan saam stap!

Dunay, wat ook vanjaar haar meestersgraad in sielkunde ontvang het, hou haar swanger boepie liefdevol vas op dié foto:

FOTO: Twitter (@DUNAYNORTJE)

FOTO: Twitter (@DUNAYNORTJE)

 

Nóg swanger vroue op SARIE.com