FOTO: Instagram  @dunayvanheerden

FOTO: Instagram @dunayvanheerden

Het jy gehoor?

FOTO: Dunay van Heerden se baba-magie PLUS Kurt se groot nuus

Net gister het Dunay vir ons gewys hoe haar en Kurt se dogtertjie in haar maag skop. En nou wys sy haar baba-maag in ’n nuwe foto.

Dunay is 27 weke swanger en het dié foto op haar Instagram-profiel gedeel. Kurt het ook ’n soortgelyke foto op sy Twitter-blad gedeel.

FOTO: Instagram  @dunayvanheerden

FOTO: Instagram @dunayvanheerden

Kurt se groot nuus

Kurt het vir sowat ’n week in Nederland getoer waar sy musiek baie gewild is. Maar voordat hy teruggekeer het huis toe, het hy in Duitsland gaan besigheid doen.

Hy het onder andere ’n lied saam met Mickie Krause, ’n gewilde Duitse musikant, opgeneem. Hy twiet ook dat daar “goeie dinge” is wat voorlê.

Wie weet, dalk raak Kurt net so gewild soos David Hasselhoff in Duitsland …

Lees ook