katyportret
Het jy gehoor?

SKILDERY ONTHUL: Eerste portret van Kate

Kate het gevra dat haar portret nie styf en formeel moet wees nie, maar eerder dat sy as haar “natuurlike self” geverf word. Kate glimlag in haar portret wat in sagte fokus is. Haar los hare hang ook sag om haar gesig.

Paul Emsley het oorspronklik gedink dat sy nie moet glimlag nie, maar op die einde is hy tevrede met die portret, berig die London Evening Standard. “Dit weerspieël wie sy werklik is,” het Emsley gesê.

Sy het verskeie ure, en selfs in die reën, vir foto’s poseer om Emsley met sy werk te help. Dié 55-jarige kunstenaar het vandag by die onthulling van die portret gesê Kate was die “perfekte onderwerp”.

Die 31-jarige Kate wat kunsgeskiedenis studeer het, het gehelp om Emsley uit ’n lys van vier kandidate te kies. Emsley het gesê dis ’n eer om vir Kate te verf. “Sy was baie ontspanne en het my gerusgestel – dit was nie intimiderend nie.”

Die aanvanklike vergadering was by Kensington Paleis gehou waarna Kate vir twee sessies moes poseer by Emsley se huis in Wiltshire (in Engeland). Hierna het hy foto’s van Kate by die paleis geneem wat hy gebruik het eerder as om haar te forseer om lank stil te sit.

Emsley het gesê sy was ten alle tye vriendelik en behulpsaam – selfs toe hy haar in die reën moes afneem. Die foto’s wat hy buite geneem het, was noodsaaklik om haar hare reg te verf.  Met ’n ligte briesie kon Emsley die meer ontspanne vorm van haar hare vasvang – en is dit nie benydenswaardig nie!

Emsley is bekend vir sy portrette en het al vir Nelson Mandela geverf. Maar selfs hy was bietjie senuweeagtig oor die portret. In die verlede was daar al skerp kritiek teen kunstenaars wat die koninklikes geverf het. Maar Kate is na bewering “vreeslik gelukkig” met die portret wat 3 maande geneem het om te voltooi.

Die portret kan van vandag af by die Nasionale Portret Galery in Londen gesien word.

KYK: Só het Paul Emsley haar portret geskep.

  • Olga

    Sy is baie mooi, en die portret is baie goed gedoen.

  • Retha Rix

    Dit is nie ‘n baie goeie glimlag van haar nie – dit is pretensieus – wat sy nie is nie – Ek dink regtig nie dit is ‘n baie goeie skildery nie. Ek het haar gegoogle en nerens het ek hierdie – ek weet van beter of ek kul julle glimlag iewers gesien nie!!

  • Liesie

    Sy lyk 20 jaar ouer…
    Ek sou my dood gehuil het as die portret van my was. Jammer…

  • fransone smith

    hoe het prinses diana se portret gelyk, ek wonder of hy nog in die paleise hang?

  • Jamy

    Ek stem saam met Olga… dis ‘n mooi portret. nie aanstellerig of lelik nie. haar smile is net so mooi! Dis ‘n pragtige portret