elle macpherson
Het jy gehoor?

FOTO: Elle Macpherson (51) wys haar indrukwekkende bikini-lyf

Sy word nie verniet “Die Lyf” genoem nie! Op 51 spog die sakevrou en model Elle Macpherson steeds met haar kenmerkende bikini-lyf.

Die Australiese skoonheid het Saterdag dié foto met haar duisende aanhangers op Instagram gedeel. “51? Ongelooflik,” het een aanhanger geskryf.

Huffington Post berig dat Elle se vietse lyf nie net aan goeie gene toegeskryf kan word nie, maar dat sy ook ’n gesonde leefstyl handhaaf. Ná haar 50ste verjaardag stel dié ma van twee belang in holistiese benaderings tot veroudering.

Elle het onlangs in ’n onderhoud gesê: “Gesondheid en welstand is baie waardevol. Ek sien baie mense wat so oud soos ek is met wie dit nie goed gaan nie.”

Begeer jy ’n lyf soos hare? Lees meer oor Elle se leefstyl op haar webtuiste, WelleCo.

Bron: Huffington Post

Lees ook