people
Het jy gehoor?

FOTO: Elton John se tweede seun

Wêreld ontmoet Elijah Joseph Daniel Furnish-John!

Elijah is die jonger boetie van Zachary Jackson Levon wat twee jaar gelede deur die dieselfde surrogaat in die lewe gebring is.

Pa David sê hy en Elton is dié keer meer gemaklik met hul verantwoordelikhede as ouers. “Dit is nie so vreesaanjaend soos die eerste keer nie!”

Die paartjie is al vir meer as 8 jaar saam en toe hulle in Desember 2011 besluit hulle wil vir Zachary ’n boetie of sussie gee, het hulle geweet hulle wil dieselfde surrogaat gebruik.

“Sy is ’n wonderlike, vriendelike en liefdevolle vrou wat nou deel van ons familie is,” sê die 65-jarige Elton.

“Ons hoop dat Zachary en Elijah gesond en gelukkig is. Hulle kan altyd op ons staat maak vir totale liefde en ondersteuning,” sê David.  

  • Evette

    Verkoop die storie asof dit normaal is. Hoe maak jy kinders in so n ongesonde omgewing groot.