FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

FOTO: Faf du Plessis is getroud

Die Protea-speler Faf du Plessies het Saterdag met Imari Visser getrou. En hulle is vanoggend op pad na hul wittebrood.

FOTO: Instagram

Faf het dié foto op sy Instagram-blad gedeel. Dié pasgetroude paartjie is onderweg na hul wittebrood-bestemming. FOTO: Instagram

Die troue was by Kleine Zalze in Stellenbosch wat ’n pragtige uitsig oor die Stellenboschberge én die Helderberg-bergreeks het. Faf het verlede jaar in Desember vir Imari die ja-woord gevra.

Van sy spanmaats soos AB de Villiers (wat Faf se strooijonker was) en sy vrou Danielle, Graeme Smith en sy vrou Morgan, JP Duminy, Dale Steyn, David Miller en Morné Morkel het die groot dag saam met hulle gevier.

Dít is wat hulle op sosiale media gesê het:

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Faf du Plessis

Faf du Plessis

Die tafelversierings by die troue

Faf du Plessis

Baie geluk Faf en Imari!

Addisionele bron: Times Live