FOTO: Mario Testino 
Instagram kensingtonroyal

FOTO: Mario Testino Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

FOTO: Só gaan prins George glo op 60 lyk

Prins George het die afgelope twee jaar as baba en peuter gereeld die kollig met sy oulike gesigsuitdrukkings en rooi wange gesteel. Maar sal hy as volwassene ook so mooi vir die kameras lyk? 

Danksy die nuutste “veroudering”-sagteware kan wetenskaplikes van die Universiteit van Bradford nou vir ons ’n baie goeie idee gee van hoe die hertog en hertogin van Cambridge se eersteling sal lyk wanneer hy sewe, 20, 40 en 60 is, berig Reuters

Dié nuwe tegnologie neem spesifieke gelaatstrekke en kombineer dit met dié van ouers en ander familielede.

Volgens Hello Giggles beïnvloed die omgewig en ons dieet hoe ons verouder. Aangesien geen rekenaar kan voorspel wat prins George gaan eet nie, is die program nie 100% akkuraat nie, maar dié voorspelling is min of meer hoe hy gaan lyk.

Dink jy dié voorspellings is akkuraat?

  • JA
  • NEE

Bronne: Reuters en Hello Giggles

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!