FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: George Clooney en Amal se trouringe PLUS details van haar rok

Die menseregteprokureur Amal Alamuddin het dit reggekry. Almal het geglo akteur George Clooney sal nooit weer voor die kansel staan nie – hy het self ook so gesê! Maar die naweek het George en Almal in Italië die knoop deurgehak.

Die bekende kanale en gondels van Venesië was die afgelope naweek vol internasionale celebs wat op pad was na George en Amal se troue. Bekendes soos Cindy Crawford, Vogue se Anna Wintour, Matt Damon en Bono was onder die sowat 100 trougaste.

En hoewel die seremonie privaat was en die troufoto’s nog geheim is, het George en Amal Sondag hul eerste verskyning as man en vrou in die openbaar gehad.

George het sy trouring gedra en Amal het haar 7-karaat-diamantverloofring aan haar regterhand gedra met ’n eenvoudige troupand aan haar linkerhand se ringvinger.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Amal het Sondag pragtig gelyk in dié wit rok met blom-detail deur die ontwerper Giambattista Valli.

FOTO: Instagram @giambattistapr

FOTO: Instagram @giambattistapr

George is bekend daarvoor dat hy baie privaat is. Die enigste verklaring oor die troue het van sy mediaverteewoordiger gekom: “Bevestig. Hulle is Saterdagaand in Venesië getroud.” Hulle gaan egter eers vandag, Maandag, in ’n burgerlike seremonie trou waarna hulle eers wettig man en vrou sal wees, berig E! Online.

Amal se trourok is glo deur Alexander McQueen ontwerp. Dié modehuis se Sarah Burton het ook Kate, die hertogin van Cambridge, se trourok ontwerp.

William Kate

Nog nie een van die groot oorsese skindertydskrifte het bevestig dat hulle die troufoto’s gekry het nie. Ons wonder of ons dit ooit gaan sien en of dit net in George en Amal se huis gaan hang.

Bronne: Hello! en E! Online

Lees ook