FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: George Clooney se Amal Alamuddin se rok vir hul burgerlike seremonie

Amal Alamuddin het vinnig in ons harte gekruip en ’n stylikoon geword. Nie net is dié menseregteprokureur slim en invloedryk nie, sy het die naweek met haar en George Clooney se troue die regte modebesluite geneem en al haar ontwerpersuitrustings met styl gedra.

Saterdag

Sy het pragtig in haar Oscar de la Renta-trourok gelyk. Dié rok is van Franse kant gemaak en die pêrels en diamanté is met die hand vasgewerk.

Sondag

George en Amal het ’n bootrit op die kanale van Venesië geneem en hul aanhangers gegroet. Dit was hul eerste verskyning as man en vrou in die openbaar. Vir dié geleentheid het Amal ’n Giambattista Vall-rok met pragtige blomdetail gekies, wat haar mooi bene ten toon gestel het.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Instagram @giambattistapr

FOTO: Instagram @giambattistapr

Maandag

Die paartjie is gister eers amptelik in ’n burgerlike seremonie getroud. Amal het weer eens die kollig gesteel in ’n wit pak van Stella McCartney.

Kyk net hoe stylvol!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Amal is definitief die ster van die troue en sekere mediahuise het onder meer spottenderwys gesê: “Amal Alamuddin het met een of ander akteur getrou” en “George wie?”.

Wat dink jy van Amal se styl? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!