Grame en Morgan Smit met klein Cadence op pa se skoot en Carter in die stootwaentjie FOTO: Instagram (@morgandeane)

Het jy gehoor?

FOTO: Graeme Smith se Carter die naweek gedoop

Graeme Smith en sy vrou Morgan het die naweek vir klein Carter gedoop – kyk net dié mooi gesin!

Dié gesin het in Julie verlede jaar vir Carter gesin verwelkom. Hulle het hom die naweek laat doop. Morgan het dié foto van dié geleentheid op haar Instagram-blad gedeel.

Graeme en Morgan is reeds die ouers van oulike Cadence wat vroeër vanjaar so seer gebrand het dat sy ’n veloorplanting moes kry – lees dié storie hier.

In dié foto lê boetie en sussie lekker en slaap. Carter is al amper net so groot soos Candence wat byna 20 maande oud is.

Nóg bekendes se doop-geleenthede

Minki van der Westhuizen het ook haar en Ernst Joubert se eersteling, Katerien verlede jaar in Suid-Afrika kom doop al woon hulle in Engeland. Kyk na van die foto’s van hulle reis hier.

Minki en Ernst by Katerien se doop:

FOTO: Instagram @minkivanderwesthuizen

FOTO: Instagram @minkivanderwesthuizen

Verlede jaar was alle oë op prins George se doop. Dié geleentheid het agter geslote deure plaasgevind, maar ons kon darem sien hoe dié prins se dooprokkie gelyk het.