aug_2013
Het jy gehoor?

FOTO: Hanna Grobler & SARIE in Mauritius + sy’s ‘n brunet

SARIE en Hanna was in Mauritius vir ‘n fotosessie. Kry ál die foto’s in jou Augustus-uitgawe.

“Jy moenie te hard probeer nie – nie in jou werk of in die liefde nie… As jy net ís, maak dit dinge soveel makliker.” – Hanna

Hanna Grobler het ’n manier om jou onkant te betrap. Destyds al, in die TV-werklikheidsreeks Survivor SA: Santa Carolina, het sy vriend en vyand verras toe dit gou duidelik raak: sy’s dalk fyn en blond, maar g’n liggewig nie. Sy’s taai. (Wie sal die episode vergeet waar sy emmers water van 64 kg sowat 40 minute lank op haar rug gehou het?)

“Ek is g’n blonde poppie” – Hanna

Dis drie jaar later, en ons is in ’n effens anderste eilandopset: luilekker aan’t gesels in die strand-restaurant van die vyfster-oord Long Beach op Mauritius. Hanna, deesdae ’n brunet, vat ’n hap tuna, verskuif haar sonbruin bene en leun vorentoe om haar eie kunswerk op haar slimfoon te wys. Ek hou ’n standaard- beleefde reaksie gereed. Maar die foto van haar skildery van ’n nguni-bul op die foon se skerm laat jou dadelik regop sit.

Wow.

Hanna kán skilder. Sy het aan die Pro Arte-kunsskool in Pretoria gematrikuleer, ’n merietebeurs gekry om kuns op Maties te studeer, maar toe op drama besluit. Daarna het sy tien jaar lank nie aan ’n verfkwas gevat nie, maar deesdae werk sy tussendeur aan opdragwerke in haar kunsateljee by die kantore van haar liefdadigheidsorganisasie, die Hanna Charity and Empowerment Foundation, in Hazelwood, Pretoria.

Agter die skerms met Hanna Grobler

In retrospek was SARIE se fotosessie die oggend op die strand ’n voorloper van wat jy kan verwag van ’n onderhoud met haar.

Jy kry haar net nie vasgevat nie – jy dink dalk jy leer haar ken, maar dan vang sy jou onkant met ’n antwoord op die stelling en jy besef jy ken haar eintlik glad nie. Of sy nou model speel vir die kamera, of net haarself is, sy verras jou.

Lees die volledige onderhoud met Hanna in ons Augustus-uitgawe + jy kan ook Mauritius toe gaan