Heidi Klum
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Heidi Klum FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Heidi Klum se nuwe kêrel

Die Duitse model Heidi Klum het uiteindelik ’n foto van haar en haar nuwe kêrel gedeel!

Hoewel Heidi en die New Yorkse kunshandelaar Vito Schnabel volgens Hello! vroeër die jaar al saam gesien is, het die model nou eers hul verhouding op haar sosiale media bekend gemaak.

Heidi, wat voorheen met die Suid-Afrikaner Martin Kristen uitgegaan het, het ’n foto van haarself saam met Vito op Instagram gedeel. Sy het in die onderskrif van die foto emoticons gebruik, waaronder baie hartjies wat duidelik wys hoe verlief sy is.

Die paartjie het Sondag Vito se 28ste verjaardag gevier terwyl hul met vakansie was. Heidi (41) het dié foto’s van haar en Vito se vakansie gedeel.

Vito het volgens Us Weekly eers met Demi Moore uitgegaan. Heidi was vir byna 7 jaar met die sanger Seal getroud voordat sy met die Suid-Afrikaner Martin Kristen, wat haar lyfwag was, uitgegaan het.

Bronne: Hello! & Us Weekly

Nóg nuwe paartjies op SARIE.com