FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

FOTO: Internasionale ster Rebel Wilson sê dis ‘lekker’ in SA

Die Kaap is besig om ’n Hollywood-ateljee te raak! Nie net maak Charlize Theron en haar kêrel, Sean Penn, ’n fliek hier nie, die sterre van Homeland se spore lê ook nog vars. Nou geniet die sterre van Grimsby ook die mooie Kaap terwyl hulle aan dié nuwe fliek skiet.

Grimsby, die nuwe fliek van Sacha Baron Cohen (beter bekend as Borat), word in Kaapstad verfilm. Van die bekendes wat in dié fliek speel is Penélope Cruz, Isla Fisher (Wedding Crashers) en Gabourey Sidibe van Precious-faam.

Penélope se akteur-man, Javier Bardem, het saam met haar gekom en die paartjie het glo die Days of the Dinosaurs-uitstalling in Kaapstad besoek.

Rebel Wilson, seker beter bekend as Fat Amy van Pitch Perfect, speel een van die hoofrolle in Grimsby. Sy het dié foto getwiet met Tafelberg in die agtergrond en het blykbaar die woord ‘lekker’ geleer!

Grimsby gaan oor twee broers, die een ’n top-spioen, die ander ’n sokker-hooligan, wat moet saam werk. Die fliek word in 2015 bekend gestel.

Addisionele bronne: IMDB

Lees ook