jamie-food-revolution-cover-art
Het jy gehoor?

FOTO: Jamie Oliver in Star Wars-uniform vir seun se verjaardag

Die bekende TV-sjef Jamie Oliver het niks teruggehou vir sy seun, Buddy, se vyfde verjaardag nie, berig Hello!. Hy het soos ’n “stormtrooper” uit die gewilde Star Wars-films aangetrek – kompleet met die wit uniform en geweer.

Hy het op Facebook gesê 20 kinders het hom gelyk met spons-“sabres” (die wapens wat in Star Wars gebruik word) aangeval.

Happy birthday my little Buddy Happy 5th Birthday…. I jumped into his party and immediately got beaten by 20 x 6 year…

Posted by Jamie Oliver on Monday, September 14, 2015

 

Jamie is self ook ’n groot Star Wars-aanhanger, berig The Telegraph. Die personeel by sy kantoor in Londen het vroeër vanjaar vir hom ’n Star Wars-verrassingspartytjie gehou vir sy 40ste verjaardag.

Kyk die video van die partytjie hier:

Jamie en sy vrou, Jools, is al 15 jaar getroud en hulle het 4 kinders, Poppy Honey Rosie (13), Daisy Boo Pamela (12), Petal Blossom Rainbow (6) en Buddy Bear Maurice (5).

Bronne: Hello! en The Telegraph

Koop SARIE PARTYTJIE vandag!

Maak seker jy kry inspirerende idees vir jóú kinders se verjaardagpartytjies in die nuutste SARIE PARTYTJIE! Te koop saam met die Oktober-uitgawe van SARIE vir slegs R59,90 vir albei uitgawes.

011015SP001R.pdf

Lees ook