Die sangeres se Fifa-selfie
FOTO: Instagram (@jlo)

Die sangeres se Fifa-selfie FOTO: Instagram (@jlo)

Het jy gehoor?

FOTO: Jennifer Lopez se selfie-verrassing

Met dié selfie het Jennifer Lopez se 6-jarige seun sy ma én die wêreld se harte gesteel …

Dié sangeres en aktrise se seun, Maximillian (6), het sy ma, wat ál meer selfies neem, verras toe hy haar grimeerlose selfie photobomb.

Bekendes se grimeerlose selfies

Die eindresultaat was net só dierbaar dat die sangeres, wat by die openingseremonie van die FIFA Wêreldbeker gesing het, dit op haar Instagram-blad móés deel. Photobomb is wanneer iemand anders op die agtergrond van jou foto (gewoonlik ’n selfie) opduik.

Kunstenaar verander hoe ons na selfies kyk

Photobomb deur my gunsteling-seun,” het J-Lo geskryf.

Susan Sarandon en Geena Davis herskep Thelma & Louise-oomblik

Nuwe koningin van selfies?

Dit lyk of J-Lo miskien die titel van selfie-koningin by Kim Kardashian kan oorneem … dié ster is deesdae baie aktief op Instagram en die meeste van haar foto’s is van haarself. Sy maak ook seker dat sy foto’s saam met van die wêreld se invloedrykstes neem.

Het dié sterre selfies nou te ver geneem?

FOTO: Instagram (@jlo)

FOTO: Instagram (@jlo)

Michelle Obama, Donatella Versace, Rihanna en Bruce Springsteen is onder die bekendes wat saam met J-Lo op haar Instagram-blad pronk.

Sy was duidelik besig om nóg ’n sexy selfie te neem toe Max se gesiggie ook in die lens opduik. Maar dit lyk nie of dit die ma van twee gepla het nie. Inteendeel, dié foto het haar Instagram-blad dalk selfs meer aandag laat trek … Wat dink jy?

AUGustus aug elma smit*Lees in SARIE se Augustus-uitgawe meer oor waarom dit so lekker is om selfies te neem.