Jo-Ann, tydens haar swangerskap
FOTO: Facebook

Jo-Ann, tydens haar swangerskap FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO: Jo-Ann Strauss se baba

Jo-Ann Strauss het uiteindelik weer ’n foto van haar en haar man, Michael Held, se eersteling – sy naam is nie bekend nie – gedeel.

Die TV-aanbieder en voormalige Mej. SA, wat aan die einde van Maart ’n blog begin het om haar ervaring as ma te deel, is nie gretig om foto’s van haar en Michael se babaseun te deel nie. Maar soos enige trotse ma kon dié skoonheid nie die versoeking weerstaan om op Moedersdag ’n foto van haar en haar eersteling te deel nie.

Jo-Ann het dié foto op Facebook en Twitter gedeel.

Jo-Ann Strauss se oulike baba is hier!

In haar eerste blog-inskrywing het sy verduidelik dat sy nie gretig was om met die media oor die kleintjie te praat nie.

Jo-Ann en nóg nuwe ma’s praat oor hul eerste Moedersdag

“Ons seun is te jonk om nou al sy toestemming te gee om foto’s van hom te deel, daarom sal ek my bes doen om te wag tot hy sê dis reg,” het sy verduidelik. Sy het dié foto kort ná die klein meneer se geboorte op Instagram gedeel.

Jo-Ann en die nuwe Mej. SA, Rolene Strauss – 14 jaar gelede!

“Hierdie eerste paar weke van moederskap is nogal oorweldigend, maar ek raak nou gewoond daaraan. Dis regtig net ’n amazing ervaring,” het sy kort voor Moedersdag vir SARIE.com gesê.