Johnny Depp
Het jy gehoor?

FOTO: Johnny Depp se dogter laat die koppe draai

Die Pirates of the Caribbean-akteur Johnny Depp se 15-jarige dogter, Lily-Rose, het onlangs die koppe laat draai by die Chanel Metiers d’Art Paris-Salzburg-modeskou in New York, berig E! News.

Lily-Rose, wat onlangs haar lang hare in ’n stylvolle bob laat knip het, het die geleentheid saam met haar ma, die model Vanessa Paradis, bygewoon.

FOTO: Instagram @lilyrose_depp

FOTO: Instagram @lilyrose_depp

Hoewel Lily-Rose mooi genoeg is om in haar ma se spore te volg, stel sy egter in hierdie stadium meer in toneelspel as modelwerk belang en is binnekort saam met haar pa in Yoga Hosers te sien.

FOTO: Twitter  @LilyRoseMelDepp

FOTO: Twitter @LilyRoseMelDepp

Ander bekendes, soos Beyoncé, Dakota Johnson, Julianne Moore, Dylan Penn en Pharrell Williams, het ook die geleentheid bygewoon.

Bron: E! News

Lees ook