Justin Bieber2
Het jy gehoor?

FOTO: Justin Bieber en Jared Leto se nuwe haarstyle

Die sanger Justin Bieber het by dié jaar se MTV-musiektoekennings met sy nuwe kapsel gespog, berig E! Online

Volgens People herinner die ligter, langer haarstyl hulle aan Brad Pitt se voorkoms van 1997 toe hy en die mede-akteur Gwyneth Paltrow nog in ’n verhouding was.

A photo posted by MTV (@mtv) on

Justin het onlangs sy nuwe enkelsnit “What do you mean” bekend gestel. Die musiekvideo is binne 24 uur byna 10 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die akteur Jared Leto, wat voorheen platinumblond was, het weer sy hare pienk gekleur. Hy het ook sy nuwe haarstyl by dié toekenningsaand gewys.

 

Jared Leto and Willow Smith: Getty

 

A photo posted by MTV (@mtv) on

Bronne: E! Online en People 

Lees ook 

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER