FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Kate eerste keer op rooi tapyt ná geboorte PLUS William tree uit

Kate het saam met William haar eerste rooitapyt-geleentheid ná die geboorte van prins George bygewoon. Én prins William het aangekondig hy gaan uit die RAF (Royal Air Force) uittree.

Kate en William was by ‘n gala-geleentheid vir die Tusk-stigting, ‘n organisasie wat William na aan die hart lê. Dis ‘n liefdadigheidsorganisasie vir die bewaring en beskerming van wilde diere. William is die beskermheer van dié organisasie en het selfs die direkteur van die stigting na hul troue in 2011 genooi.

William en Kate neem George na Diana se familie

Hierdie was Kate se eerste rooitapyt-geleentheid sedert die geboorte van prins George op 22 Julie vanjaar. Kate het ‘n lang rok van een van haar gunsteling-ontwerpers, Jenny Packham, gedra. Oudergewoonte het haar lokke effens gekrul oor haar skouers gehang en haar grimering was foutloos. Kate het haar voorkoms afgerond met Jimmy Choo-spykerhakskoene.

Met William in ‘n netjiese swart pak en strikdas aan haar sy was daar nie juis tekens van baba-moegheid by dié paartjie nie, al het William by geleentheid gesê George hou hulle wakker. Kate het gesê haar ma, Carole, help baie met klein George.

Amptelike gesinsfoto’s van klein George bekend gestel

Dit was William se eerste geleentheid nadat hy aangekondig het hy tree uit. Kensington-paleis het aangekondig dat William sy laaste diens as helikopter-vlieënier in die lugmag gedoen het. Hy gaan nou eerder sy tyd aan liefdadigheidswerk bestee. Hoewel hy die beskermheer van verskeie organisasies is, is die beskerming van bedreigde spesies van groot belang vir dié prins.

William se liefde vir diere en Afrika

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

William en Harry het albei ‘n spesiale band met Afrika. Diana het tydens haar lewe baie gedoen om aandag te vestig op die unieke probleme wat Afrika in die gesig staar.

In 2001 het ‘n 18-jarige William 3 maande in Afrika deurgebring as deel van sy gap jaar voordat hy gaan studeer het. Hier het hy betrokke geword by die bewaring van Afrika se wilde diere en die natuurskoon.

Sedertdien was William dikwels weer in Afrika, en sy 21ste verjaardagpartytjie se tema was selfs ‘Out of Africa’.

William het ook vir Kate in Kenia gevra om te trou, naby aan die plek waar ‘n jong prinses Elizabeth (William se ouma) geleer het dat haar pa, koning George VI, dood is en sy koningin sou word.

William en Kate het ook hul wittebrood in die Seychelles gehou, en prins George kry glo baie wildedier-speelgoed van sy pa af!

Kate se styl

Kate se blinkerrok is gepas vir ‘n rooitapyt-geleentheid, maar dit beteken nie jy kan nie blinkers ook na meer informele geleenthede dra nie. Ons kies die mooiste blinker-items uit die SARIE-winkel:

 

BRON: Hello!