Kate Moss, Amerikaanse Vogue

Het jy gehoor?

FOTO’S: Kate Moss soos ons haar nog nie gesien het nie

Ons is gewoond daaraan om Kate Moss op haar heel beste te sien – op glanstydskrifte se voorblaaie, advertensieveldtogte, en opgemaak vir die rooi tapyt. Maar Now Magazine wys ’n ander kant van Kate – as ’n doodgewone ma en vrou vir rocker Jamie Hince.

Dink Kate Moss en jy dink supermodel. Maar ons vergeet soms dat sy ook ’n ma, vrou, beste vriendin en peetma is. Kate se vriendinne, die aktrise Sadie Frost en ontwerper Fran Cutler, het dié foto’s op hul Instagram-profiele gedeel wat die sagter, meer ongepoetste kant van dié ikoniese model wys.

Kate, Fran en Sadie is almal deel van die sogenaamde “Primrose Hill set” – ’n groepie Britse bekendes wat in die mid-1990’s bekendheid verwerf het. Sadie is die peetma van Kate se dogter, Lila Grace (12). En Kate is ook die peetma van Sadie se dogter, Iris (14).

’n Kykie na Kate Moss se privaatlewe:

’n Jong Kate Moss saam haar peetkind, Iris

Loading

Then she was born the next day @blousyfrost – with her god- mother!!

View on Instagram

Kate Moss, haar dogter Lila Grace, en vriendin Fran Cutler hou piekniek

Loading

 

Picnic by our lake heaven xx View on Instagram

Sadie Frost deel ’n foto van Kate se Lila Grace as baba

Loading

Me beautiful god- daughter lila belle is 12 today!! Love you @lilabelle_moss .. Big kiss xx

View on Instagram


Bron: Now Magazine