FOTO: Instagram @realkathjenkins

FOTO: Instagram @realkathjenkins

Het jy gehoor?

FOTO: Katherine Jenkins wys haar baba-magie vir goeie doel

Die sangeres Katherine Jenkins het ’n foto van haar baba-magie op Facebook gedeel om die geveg teen renosterstropery te ondersteun, berig Hello!.

Die Walliese sangeres het tot dusver ’n lae profiel tydens haar swangerskap gehandhaaf en met dié foto haar aanhangers verras.

FOTO: Facebook  Katherine Jenkins

FOTO: Facebook Katherine Jenkins

Daar word berig dat Katherine binne die volgende paar weke hul eersteling gaan verwelkom.

Sy en haar man, die akteur Andrew Levitas, is gister ’n jaar gelede (27 September 2014) getroud en hulle het in April vanjaar aangekondig dat hulle ’n dogtertjie verwag.

Katherine was vroeër vanjaar in Suid-Afrika en sy het die belewenis as “lewensveranderend” beskryf, sy is baie passievol oor wildbewaring.

Lees ook