Katryn speel model vir SARIE
FOTO: Ulrich Knoblauch

Katryn speel model vir SARIE FOTO: Ulrich Knoblauch

Het jy gehoor?

FOTO’S: Katryn Kruger trou!

Die SA model Katryn Kruger het onlangs met haar jare lange kêrel, Cilliers Kies, getrou.

Dié 20-jarige model wat op al wat ’n oorsese loopplank tuis is en gereeld in advertensies vir eksklusiewe modehuise soos Elie Saab en Dior verskyn, het op Instagram gesê sy is verheug om met die liefde van haar lewe getroud te wees.

Sy het reeds op Facebook haar van na Kies verander.

Cilliers is ’n mediese dokter by die Tygerberg-Hospitaal in Bellville. Die pasgetroude paartjie gaan al vier jaar uit.

Katryn het ná hul verlowing aan SARIE.com vertel hulle beplan om in die nabye toekoms oorsee te trek, waar Cilliers as mediese dokter sal praktiseer en sy modelwerk sal doen. Hulle beplan ook om heelwat te reis.

In die Januarie-uitgawe van SARIE vertel Katryn meer oor die troue en die besluit om só jonk te trou. 

Lees ook