FOTO: Instagram  khloekardashian

FOTO: Instagram khloekardashian

Het jy gehoor?

FOTO: Khloé Kardashian se indrukwekkende kas vol oefenklere

Khloé Kardashian is gefokus op haar nuwe, gesonder leefwyse. Daarom kom dit as geen verrassing dat sy ’n spesiale kas vir al haar oefenklere en -toerusting het nie. 

Self berig dat die 31-jarige realiteitster verskeie kaste in haar massiewe huis het, en dat dié een haar gunsteling is: “Ek is versot op my fiksheidskas! Dit is my gunsteling-kas. Ek wys dit vir al my vriende wanneer hulle kom kuier,” het Khloé aan die tydskrif vertel.

A photo posted by SELF Magazine (@selfmagazine) on

Volgens E! Online spog die ruim spasie met oorgenoeg hangplek vir haar joga-broeke, laaie bostukke, ’n vertoonkas vir duur bykomstighede én ’n yskas vol waterbottels.

Klik HIER vir nog foto’s.

Khloé se 28 miljoen Instagram-volgelinge word gereeld bederf met ’n kykie na haar oefensessies.

FOTO: Instagram khloekardashian

FOTO: Instagram khloekardashian

As jy so na dié foto kyk, is dit duidelik dat die ure in die gym die moeite werd is.

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Kliek HIER om jou eie oefenklere-versameling uit te brei.

Bronne: Self en E! Online

Lees nou