FOTO: Facebook  Loukmaan Adams

FOTO: Facebook Loukmaan Adams

Het jy gehoor?

FOTO: Kim Cloete en Loukmaan Adams is verloof!

Die aktrise Kim Cloete en die komediant Loukmaan Adams het verlede Saterdag, 12 September, verloof geraak.

Kim het vir Loukmaan ’n verrassingspartytjie vir sy 40ste verjaardag gehou, maar toe is hy die een met die grootste verrassing! Hy het tydens sy toespraak op een knie gebuig en voor al hul familie en vriende die groot vraag gevra. En natuurlik het sy ja gesê!

FOTO: Facebook Garden Court Theatre

FOTO: Facebook Garden Court Theatre

Robin Peters, ’n vriend van die paartjie, het ’n video van die verlowing op Loukmaan se Facebook-blad gedeel.

Kyk die video HIER.

Boodskappe van gelukwensing het op sosiale media ingestroom.

“Baie geluk! Ek wens julle al die liefde en geluk vir jul nuwe avontuur! Mag julle baie gelukkige jare saam hê! O ja, en kinders by dosyne,” het een aanhanger op Facebook geskryf.

Baie geluk, julle!

Lees ook