kate hudson
Het jy gehoor?

FOTO: Só kry Kate Hudson haar vietse lyf

Wat is die geheim agter aktrise Kate Hudson se vietse lyf? Hello! berig dat konsekwentheid die antwoord tot dié 36-jarige ma van twee se sukses is. 

Sy het dié foto van haar Pilates-sessie met haar amper 2 miljoen Instagram-volgelinge gedeel.

A photo posted by Kate Hudson (@katehudson) on

Sy het in ’n onderhoud aan US Weekly vertel“Almal wil een of ander geheim hoor, maar daar is nie een nie. Jy moet net reg eet en oefen.”

“Ek oefen nie baie nie, net konstant. Mense dink jy moet twee en ’n half ure oefen … maar dit kan 20 of 40 minute wees,” het sy bygevoeg.

Kate gee ook toe as sy regtig lus het vir iets soos “burger, skyfies en Coke”.

Bronne: Hello!  en US Weekly

Lees ook