FOTO Instagram / @zetskevpletzen

FOTO Instagram / @zetskevpletzen

Het jy gehoor?

FOTO: Kyk hoe pragtig is Zetske se klein Alexander

Babas is nou maar eenmaal net oulik! Kan jy glo die aktrise Zetske van Pletzen se baba is reeds een maand oud? Zetske en haar man, Altus Theart, het hul seuntjie, Alexander, in September verwelkom.

En kyk net hoe pragtig is hy!

Alexander het definitief nie ’n tekort aan maatjies nie. Kyk net watter bekendes se babas is onlangs gebore:

Ná ’n lang gewag het klein Jacques uiteindelik gister sy opwagting gemaak. En dit lyk of hy reeds sy aktrise-ma, Angelique Gerber, en rugbyspeler-pa, Jacques Potgieter, se harte gesteel het.

Die Springbok-rugbyspeler Bismarck du Plessis en sy vrou, Anja du Plessis, is die trotse ouers van die oulikste tweeling-seuntjies, Francois en Gideon.

Die rocker Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst, is nou trotse ouers! Lauren het onlangs die lewe geskenk aan ’n pragtige babadogtertjie, Alex Lila Badenhorst.

Lees nou

Angelique Gerber se baba is gebore

7de Laan se Hildegardt deel groot nuus

Steven Spielberg se 19-jarige dogter nou model