a
Het jy gehoor?

Foto – kykNET Silwerskermfees 2015

’n Anonieme foto-uitstalling laat Michaela (Roeline Daneel), ’n jong gedrewe fotograaf, met indringende vrae rondom wie die treffende foto’s geneem het. Haar hewige fassinasie met die foto’s lei haar om ’n soektog na die fotograaf begin. Sy betrek Bernard (Ludwig Binge), die kurator van die galery, om haar te help om leidrade te vind – die negatiewe was in een van sy familielede, André Jonker (Albert Maritz), se besit wie dood is in ’n frats-verkeersongeluk.

Die leidrade bring Michaela uit by die stories van die mense in die foto’s, en sy ontdek dat buitengewoon baie van hulle gewelddadig oorlede is nadat hul foto’s geneem is. Michaela se nuuskierigheid ontwikkel in obsessie soos sy al hoe dieper vasgevang word in die misterieuse fotograaf, Talia Fouché (Antoinette Louw), se donker geheim.

Regisseur: Linsen Loots
Skrywer: Linsen Loots
Vervaardiger: Mandelise van Loggerenberg
Met onder andere: Antoinette Louw, Roeline Daneel, Ludwig Binge en Albert Maritz.

Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.