Gaeby Botha FOTO: Instagram (@gaeby_1dx)

Het jy gehoor?

FOTO: Legendariese SA sportsterre se kinders op een foto

Die legendariese SA sportsterre, rugbyspeler Naas Botha en sokkerster Mark Fish, se kinders het onlangs saam tydens ’n fotosessie poseer.

Naas en Karen Botha se dogter Gaeby (hoofoto) is ’n kranige hokkiespeler en het haar hokkie-uitrusting vir dié fotosessie aangetrek.

Gaeby maak groot naam in modelwêreld – lees hier

Die 14-jarige Luke Fish, die seun van Mark* en Loui, volg in sy bekende pa se voetspore en het ook ’n passie vir sokker. Loui het dié foto’s van haar seun op haar Twitter-blad gedeel.

Mark en Loui is in 2011 geskei. Uit hul huwelik is Louis en Zeke (foto’s onder), wat nou 12 jaar oud is,  gebore.

*Mark Fish is spanleier saam met Corné Krige op die nuwe reeks van Survivor SA.