FOTO:  Leighton Meester/ Instagram

FOTO: Leighton Meester/ Instagram

Het jy gehoor?

FOTO: Leighton Meester is swanger!

Die gewilde Gossip Girl-aktrise het gestraal van geluk toe sy, met haar baba-magie duidelik sigbaar in ’n grys T-hemp, gekiek is. Ons het dié foto op PopSugar gesien wat geneem is terwyl sy en haar man, Adam Brody, middagete geëet het in Los Angeles.

Dit is Leighton en Adam, wat bekend is vir sy rol in The O.C. se eersteling. Hulle is in Februarie 2014 in die geheim getroud.

Skinderblaaie het vroeër vandeesmaand bespiegel dat sy moontlik swanger is ná ’n verhoogproduksie wat sy in Vancouver gedoen het. En nou is dit bevestig.

Sy het verlede jaar in ’n onderhoud met Nylon Magazine gesê hulle wil graag kinders hê.

Haar mede Gossip Girl-ster, Blake Lively, se dogter, James, is in Desember gebore. Ons wonder of hulle net sulke goeie vriende soos Serena en Blair sal wees.

Kliek hier vir nog foto’s

Lees ook: